GERIEWE

Die Voortrekkermonument se geriewe is ideaal vir troues, funksies, konferensies, enige byeenkomste en groot buitelug aktiwiteite!

KAPEL

KAPASITEIT 100 SITPLEKKE

Die klipkapel met grasdak is teen die hang van die Voortrekkermonument geleë, en met unieke houtstoele gemeubileer.

Die kapel is die perfekte plek vir ’n troue, doop, boekbekendstelling, begrafnis en ander geleenthede.

Die volgende is beskikbaar:

  • ’n Goed toegeruste bruidskamer
  • Selfsorg
  • Oudiovisueelstelsel
  • Badkamerfasiliteite
  • Uitstekende agtergrond vir foto’s

Die grasdakkapel kan 100 persone gemaklik akkommodeer.

FORT SCHANSKOP AMFITEATER

KAPASITEIT 500 SITPLEKKE OF 1500 STAANDE

Fort Schanskop Amfiteater is ’n intieme fasiliteit en ideaal vir musiekkonserte en byeenkomste, en is ‘n pragtige buitelugarea vir onthale, jeuggroup-aktiwiteite en kerkdienste.

Die volgende is beskikbaar:

  • Selfsorg
  • Badkamerfasiliteite
  • Rolstoelvriendelik

FORT SCHANSKOP-LAPA

KAPASITEIT 35 PERSONE

Fort Schanskop-lapa is die perfekte area vir ’n braai, verjaarsdagviering of eindjaarfunksie. Met die asemrowende uitsig oor die Jakarandastad sal jy nie vir een oomblik spyt wees nie.

Die volgende is beskikbaar:

  • Badkamerfasiliteite

DIE HELDESAAL

KAPASITEIT 500 PERSONE

Die Voortrekkermonument is ’n unieke Suid-Afrikaanse erfenisskat en leen hom uitstekend tot eksklusiewe klassieke musiekuitvoerings en kooroptredes. Die akoestiek in die Heldesaal (781m²) vergelyk baie goed met dié van Europese katedrale en het ’n nagalm van 6 sekondes.

Vanweë die Voortrekkermonument se unieke argitektuur is dit ’n uitsonderlike plek vir daardie spesiale troue!

Die volgende is beskikbaar:

  • Selfsorg
  • Badkamerfasiliteite
  • Rolstoelvriendelik

DIE SENOTAAFSAAL

KAPASITEIT 500 PERSONE

Die Senotaafsaal (1824m²), is vanweë sy geestelike sensitiwiteit veral vir stemmige aktiwiteite geskik.

Die volgende is beskikbaar:

  • Selfsorg
  • Badkamerfasiliteite
  • Rolstoelvriendelik

DIE VOORTREKKERSAAL

KAPASITEIT 300 PERSONE

Die Voortrekkersaal (496m2) bied vir jou die geleentheid om te onthaal, fees te vier en konferensies te hou.

Die volgende is beskikbaar:

  • ’n Kombuis vir selfsorg
  • Braaigeriewe
  • Badkamerfasiliteite
  • Rolstoelvriendelik

AFRIKAANSE LIEDJIETUIN

KAPASITEIT 150 PERSONE

Die FAK Afrikaanse Liedjietuin is op die Voortrekkermonument se terrein geleë. Hier is ’n roos van elke kleur en ter ere van verskeie kunstenaars.

Die Liedjietuin kan gemaklik 150 persone akkommodeer. Die tuin is perfek vir babatees.

Die volgende is beskikbaar:

  • Badkamerfasiliteite
  • Uitstekende agtergrond vir foto’s

TRANSVAAL KAMER

KAPASITEIT 18 PERSONE

Die Transvaal Kamer is ryk aan Afrikanergeskiedenis en ’n goed toegeruste vertrek vir kleiner/intiemer vergaderings, seminare of konferensies.

Die lokaal is toegerus met ’n skerm en kragpunte vir elektroniese apparaat.

Die volgende is beskikbaar:

  • Oudiovisueelstelsel
  • Badkamerfasiliteite

KRUGER GALLERY

KAPASITEIT 300 PERSONE

Die Kruger Gallery is die ideale plek om seminaar of werkswinkel aan te bied.

DIE AMFITEATERDAK

KAPASITEIT 10 000 PERSONE OF 177 STALLETJIES

Hierdie 3750m2-onderdakfasiliteit is net wat jy nodig het vir ’n mark, musiekfees en nog vele meer.

Die area is bedek met skadunet wat 80% waterdig is.

Die volgende is beskikbaar:

  • Plek vir 177 stalletjies
  • Kragpunte
  • Badkamerfasiliteite
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik

DIE AMFITEATER

KAPASITEIT 30 000 PERSONE

Die alombekende Voortrekkermonument-amfiteater is groot genoeg vir 30 000 persone. Jy kan die amfiteater gebruik vir groot musiekfeeste/konserte, gedenkdienste en ander groot geleenthede.

Die volgende is beskikbaar:

  • Selfsorg
  • Badkamerfasiliteite